Skip to main content

Teenactiv Boeke

Die 2027 hardekopie boeke en e-boeke vir Graad 8 - 12 kan nou bestel word.
Kies asseblief die prysopsie uit die onderstaande lys wat die beste by jou skool pas.

Prysopsie

DBO Afrikaans

Prysopsie

DBO Dubbelmedium

Prysopsie

IEB Dubbelmedium

Kontak Ons

Indien u enige vrae het of meer inligting benodig, voltooi asseblief onderstaande vorm.

Teenactiv Boeke

Die 2027 hardekopie boeke en e-boeke vir Graad 8 - 12 kan nou bestel word.

Prysopsies

Kies die pryspakket (hardekopie of e-boeke) hieronder wat die beste by jou skool pas.

DBO AFRIKAANS

2027 Teenactiv Lidmaatskapfooi
& 2027 Boeke

(Hardekopie or e-boeke)

DBO Dubbelmedium

2027 Teenactiv Lidmaatskapfooi
& 2027 Boeke

(Hardekopie or e-boeke)

IEB Dubbelmedium

2027 Teenactiv Lidmaatskapfooi
& 2027 Boeke

(Hardekopie or e-boeke)

Kontak Ons Of Plaas 'n Bestelling

Jou inligting is veilig en geïnkripteer. Ons sal nooit jou data deel nie.

Veel Voorkomende Vrae

Algemene vrae wat deur besluitnemers gevra word rakende die bestelling van Teenactiv-boeke.

Die minimum eerste bestelling is 120 boeke per skool. Indien die Studiegids-opsie gekies word, moet daar vir minstens 80% van die leerders per graad boeke bestel word. Toegewings kan vir kleiner skole gemaak word.

Een GRATIS hardekopie Onderwysersgids (in volkleur) word voorsien vir elke graad waarvoor ’n skool meer as 30 boeke bestel het. ’n GRATIS elektroniese weergawe van die Onderwysersgids is dan ook via Snapplify beskikbaar (indien u skool ’n geregistreerde Snapplify-gebruiker is). Ons doel is om elke onderwyser in u Lewensoriëntering-span van ’n GRATIS hardekopie Onderwysersgids vir die LO-grade wat hulle onderrig te voorsien. Indien ’n skool egter presies 30 boeke vir ’n graad bestel, is dit onwaarskynlik dat die skool drie kopieë van die Onderwysersgids vir daardie graad sal benodig. Toegewings kan vir kleiner skole gemaak word.

Ons voorsien ’n PowerPoint-lêergids (via WeTransfer), wat al die PowerPoint-aanbiedings bevat waarna daar in die lesse van die boeke verwys word. Dit beteken dat ’n onderwyser slegs die Onderwysersgids en die PowerPoint-lêergids nodig het om die lesse doeltreffend aan te bied. Ons verskaf ook PDF-weergawes van die Hersieningsvrae MEMO’s en Werkkkaart MEMO’s of PDF Aktiwiteit MEMO's vir elke graad. Hierdie dokumente kan met leerders gedeel word vir hersiening, studiedoeleindes of om antwoorde, waar toepaslik, self na te sien.

Stuur eenvoudig vir ons ’n e-pos (bestellings@teenactiv.co.za) met die hoeveelheid boeke per graad, die tipe boek (bv. Leerderwerkboek) en dui aan of die skool die Grysskaal- of Volkleur-opsie verkies. Alternatiewelik kan die toepaslike 2027-Bestelvorm(s) voltooi en per e-pos aan ons gestuur word.

Die kwotasie dien twee belangrike doeleindes:

  1. Dit bevestig die besonderhede van die bestelling vir u skool (insluitend ISBN- nommers, hoeveelheid per graad en pryse).
  2. Dit dien as verwysingsdokument vir die betaling van die R5500-deposito wat vereis word om die skool se bestelling te verseker.

Let wel: Die bestelling word eers bevestig nadat die R5500-deposito betaal is.

Ons eerste drukproses begin 17 September. Skole wat hul bestelhoeveelhede aanstuur en die R5500-deposito voor 15 September betaal, trek voordeel uit ons grootskaalse drukpryse. Bestellings wat ná hierdie datum ontvang word, sal ongelukkig teen die volle prys gehef word.

Slegs lidskole mag die 2027 Teenactiv-boeke aankoop. Alle skole wat boeke wil bestel, moet dus hul 2027-lidmaatskapfooi betaal. Hierdie betaling kan egter enige tyd voor 20 Januarie 2027 geskied. Dit hoef nie vóór die bestelling of ontvangs van die boeke betaal te word nie.

Skole kan self kies wanneer hulle hul boeke wil ontvang – enige tyd vanaf 26 Oktober 2026 tot vroeg in Februarie 2027. Alle boeke wat bestel is, word gratis by die drukker gestoor totdat dit afgelewer moet word. Laat weet ons asseblief wat u voorkeurdatum vir aflewering by die skooladres is.

Alle boeke word GRATIS direk by u skool afgelewer op die datum wat u versoek. Daar is geen afleweringsfooi nie. Die skool sal die week voor aflewering gekontak word om die fisiese adres, afleweringsdatum en -tyd te bevestig.

Ons verstaan dat skole verskillende betalingsvoorkeure het. Alle betaalopsies (insluitend voorafbetaling, betaling by aflewering, paaiemente, of betaling vanaf laat Januarie) is beskikbaar. Dui asseblief u skool se voorkeurbetaalopsie aan.

Ja, die Onderwysersgidse word apart afgelewer, aangesien dit eers vanaf begin November 2025 beskikbaar sal wees. Ons sal elke skool middel Oktober kontak om te bepaal hoeveel GRATIS Onderwysersgidse per graad benodig word.

Hierdie aantal hang af van:

  • Die aantal LO-onderwysers wat aan elke graad toegewys is
  • Die hoeveelheid boeke wat vir daardie graad bestel is

Ons poog om elke LO-onderwyser van hul eie Onderwysersgids vir die graad/grade wat hulle onderrig te voorsien. ’n GRATIS elektroniese weergawe van die Onderwysersgids sal ook vanaf 1 November 2026 op Snapplify beskikbaar wees (indien u skool ’n geregistreerde Snapplify-gebruiker is).

U kan enige tyd gedurende 2027 ekstra boeke bestel. Stuur bloot vir ons ’n bestellingsversoek. Geen minimum hoeveelheid word vereis nie. Hierdie boeke sal teen die volle prys gehef word, maar GRATIS aflewering is ingesluit (mits die diens nie misbruik word nie). Boeke word gewoonlik binne ses werksdae (vanaf datum van bestelling) by skole afgelewer – en soms selfs vinniger.

Elke skool se omstandighede is uniek, maar ons sien 'n algemene tendens: Baie van die handboeke wat skole tans gebruik, is verouderd. Die hoeveelheid onderwerpe wat met bykomende en opgedateerde inligting aangevul moet word, neem voortdurend toe. Teenactiv-boeke bied ook:

  • hersieningsvrae aan die einde van elke onderwerp, wat leerders in staat stel om te oefen met die tipe vrae wat hulle in die eksamens kan verwag,
  • ondersteuning aan leerders ten opsigte van hersiening/studie, aangesien alle inhoud/notas in een boek is, en
  • 'n duidelike struktuur aan leerders vir hul LO-lesse – selfs as hulle ’n les misloop.

Daarbenewens is baie onderwysers in LO-departemente nie LO-spesialiste nie. Die Onderwysersgidse en PowerPoint-lêergids bied uitstekende ondersteuning en stel enige onderwyser in staat om LO selfversekerd en doeltreffend te onderrig.

Nee. Die Hersieningsvrae aan die einde van elke onderwerp is SLEGS in die boeke beskikbaar. Die Hersieningsvrae is spesifiek uit vorige Teenactiv Kontroletoetse en Eksamenvraestelle gekies om leerders aan verskillende tipes vrae, wat vir elke onderwerp gevra kan word, bloot te stel.

Ja, al die uitlegwerk van die 2027-uitgawe bly beskikbaar. Indien u skool later meer kopieë benodig, kan u bloot aandui dat u die 2027-weergawe wil bestel. Met ander woorde, indien u in 2028 tien ekstra 2027 Grysskaal-Leerderwerkboeke wil bestel, sal dit gedruk en voorsien word, maar dit sal teen die 2028-volprys vir Grysskaal-Leerderwerkboeke aangekoop moet word.

Die Leerderwerkboek (Grysskaal) is verreweg die gewildste opsie. Die prys (R199/boek) en die feit dat dit alles bevat, sorg vir uitstekende waarde vir geld. Verwys asseblief na die Les-en Onderwysersgidsvoorbeeld in die 2027 Boekuittreksels (bl. 1–37 & bl. 39–115).

Die Leerderboek (Handboek) is 'n nuwe toevoeging. Omdat dit 'n handboek is, is dit slegs in volkleur beskikbaar (wat dit duurder maak – R219/boek). Vir Graad 8 tot 12 beskikbaar. Dit is 'n behoorlike handboek en voldoen aan al die vereistes en riglyne om as 'n handboek gekategoriseer te word. Verwys asseblief na die Les- en Onderwysersgidsvoorbeeld in die 2027 Boekuittreksels (bl. 117–142 & 143-178).

Die Studiegids is bygevoeg as ’n opsie vir skole wat meer buigsaamheid in hul lesaanbieding verkies, maar steeds die Inhoudsopsomming en Hersieningsvrae per onderwerp vir studie en inoefening aan leerders wil bied. Dit is slegs beskikbaar in gryskaal en is die mees bekostigbare opsie teen R189/boek. Die Studiegids-opsie vereis egter 'n subminimum bestelling van 80% van leerders per graad en sluit slegs die Hersieningsvrae MEMO PDF in. (d.w.s. Geen Onderwysersgids, geen WERKKAART MEMO PDF, geen PowerPoint-lêergids). Verwys asseblief na die Lesvoorbeeld in die 2027 Boekuittreksels (bl. 179–194).

Al ons inhoud is volledig in ooreenstemming met die KABV en die nuutste Jaarlikse Onderrigplanne.

Al ons Hersieningsvrae en Nasienriglyne is op die 2021 Eksamenriglyne gebaseer. Ons inhoudsontwikkelingspan staan gereed indien daar enige moontlike veranderinge aan die Jaarlikse Onderrigplanne óf die Eksamenriglyne vir 2027 sou wees.

Die Teenactiv-boeke bestaan uit ’n samestelling van die nuutste Teenactiv-les vir elke onderwerp wat op die Teenactiv-webwerf gepubliseer is. Enige belangstellende skool kan dus maklik nagaan of ’n spesifieke onderwerp gedek word deur die Teenactiv-webblad vir die betrokke graad te besoek.

Boonop kan lidskole enige les op die Teenactiv-webwerf opmaak en aflaai. Op dié manier kan skole moeiteloos nagaan wat in die Teenactiv-boeke ingesluit sal wees.

Let wel: Lesse word tydens die boekontwikkelingsproses verryk en die uitleg word verbeter, maar die meerderheid van elke les se inhoud bly dieselfde as die weergawe op die Teenactiv-webwerf.

Die Graad 8 tot 12-handboeke se uitleg is egter aansienlik verander sodat dit aan die riglyne vir handboekinhoud voldoen.

Elke les in die Teenactiv-boeke sluit ook Hersieningsvrae in. Hierdie Hersieningsvrae is nie op die Teenactiv-webwerf beskikbaar nie.

Verwys asseblief na die FAQ-afdeling op die Teenactiv-webwerf.